Sondag 02 Maart 2014

Bosvark - Colyn braai Bosvark Rugstring

Lekker stukkie Bosvark Rugstring op die bord
So kom ons dan nou by die rugstring. Dit is die deel waaruit daar gewoonlik tjops gesny word. My stuk rugstring was die deel van waar die nek ophou, so by die begin van die ribbes tot by die einde van die ribbes. Dit bevat daardie lekker dik spiere wat so bo-op die rug van die varkie lĂȘ.

Ek het die stuk in drie gedeel en toe lekker goed met braai speserye bedek. So bietjie bruinsuiker oorgestrooi, bietjie "worcheshire" souse en suurlemoen en toe in die yskas gesit oornag. Ek was regtig versigtig met die souse want ek wil nie die vark vleis se smaak oordonder nie.

Bosvark rugstring in die marenade
Toe kosmaaktyd aanbreek die aand is dit reguit pan toe met die vleis. Aanvanklik het ek dit oorweeg om die rugstring ook in die oond te sit maar het daarteen besluit want ek wou sien wat doen die "tjops" in die pan.

Eers so bietjie olie en speserye en laat dit lekker warm word. Jy moet olie bysit want die vark het nie vet om van te praat nie.

Bosvark Rugstring in die pan
Na so 10 minute se braai het ek die dik stukkie netjies van die been losgesny en gesien dat teen die been was dit nog aan die rou kant. So ek het die los stukke verder gebraai vir nog so 3 minute en toe is dit afgehaal en laat rus vir so 6 minute. Die rus ding is belangrik want dit laat die vleis ontspan en die hitte versprei eweredig deur die vleis. Daar is dan ook baie minder sous wat uitloop as jy dit begin sny.

Nouja wat van die smaak ?

Vir my was die vleis baie lekker maar dit was aan die taai kant. Jy moet a lekker skerp mes gebruik en dun repies afsny. Volgende keer sal ek dit ontbeen en sonder die bene gaarmaak en dit op die snyplank in skyfies sny vir opdiening.

Weereens was ek ingenome met die smaak en tekstuur van die vleis. Die Bosvark is regtig goeie vleis.

Kook lekker tot ek weer 'n storie skryf.

Hier is my Facebook blad.

Wees so vriendelik en "Follow" my hier en SHARE dit ook wyd en suid. Ons maak nie geld uit die goed uit nie maar dis baie lekker om te sien dat lesers die inhoud waardeer. O ja en +1 is ook belangrik.

Lees ook gerus my Briekmerke Blog.




Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Thank you for your comment. The comments on this blog are moderated and yours should appear soon.

Greetings
Colyn.