Dinsdag 29 Julie 2014

Ontbyt - RGR bacon eier en kaas

Deesdae word ons so gebombardeer met al die fancy Franse opdienings dat 'n man soms dink jy is werklik 'n Grotman sonder styl ... maar die toringkies, krummels en blertsies werk nie vir my nie ... hoe is Boerekos en meer belangrik ... Hoe is dit Man Kos ?

Iemand vra my om 'n dis te maak vir hulle website se Franse Week en my kop begin draai ... blertsies en krummels ... nee jong daai gaan nie vir my werk nie. Sy stuur vir my 'n lysie van die goed wat ek kan gebruik en ek broei op die lysie vir so dag of twee.

Sondagoggend is Poppie besig met dinge en kos is nie op haar program nie. Ek staan hongerig daar in die kombuis rond en die Franse ding roer my ...

"Hmmm ... ok .... ek kan hulle goeters gebruik, en ek kan seker bietjie grênd probeer wees maar die eindproduk moet onmiskenbaar Man Kos wees."

So gesê so gedaan ... ek sal 'n Brunch maak met styl en ek wil iets maak wat nie warm gedoen moet word nie want ek dink nie die manne gaan dit dan aanpak nie.

Soos julle seker al by die tyd agter gekom het, ek is nie groot op resepte nie maar eerder groot op die stories ... ek vertel hoe die goed gemaak moet word en jy gebruik jou gunsteling resep daarvoor. Hierdie is maar weer presies in daardie lyn.

Jy gaan die volgende nodig kry ...

1. Vars brood snytjies.
2. Groot Tamatie
3. Gerasperde kaas.
4. Harde kaas soos parmasaan.
5. Eiers (2 Per persoon)
6. Streaky bacon sonder die velletjie (8 repies per persoon)
7. Basil, Coriander en pietersielie.
8. Roomkaas

Die ander goedjies gaan ek noem soos ek beskryf. Die belangrikste komponet is dat jy moet lus wees om iets nuuts te probeer en dan maar die storie te volg. Nie een van die prosesse is bomenslik nie ... net geduld en bietjie fokus.

Ek gaan voorstel jy kry al jou goedjies mooi bymekaar en die panne reg voor jy begin, meson plas dink ek noem die serious chefs dit.

Die fotos is baie en gaan jou help om elke ding mooi reg te kry. So ek stel voor jy lees die storie eenkeer mooi deur en kyk na al die fotos voor jy begin en dan volg jy die storie.

Voorverhit jou oond op 180C

Eerste taak is om die bacon matjies te maak. Kry jou bakplaat reg en maak die bacon oop. Ons gaan 4 stroke vertikaal weg van jou af plaas en dan 4 strokie horisontaal invleg.





Maak twee sulke matjies as jy vir twee persone kook. Sit nou die bakplaat in die oond vir 10 minute. Dis belangrik dat jy die goed dophou dat dit nie brand nie.

Terwyl die bacon in die oond is rasper jy jou kaas, ek het wit cheddar gebruik. Dan sny jy tamatie in skyfies en haal die pitte uit. Hou die pitte en sap in 'n bakkie. Volgende sny jy die skyfies in strokies en en dan in blokkies. Jy wil eindig met stukkies so groot soos ertjies. Onthou ons probeer mos grênd wees ... so maak die goedjies mooi.



Die 10 minute van die bacon behoort nou klaar te wees. Nou verander ek die oond en skakel oor sodat net die boonste element aankom soos waneer mens grill maar nie die hitte op grill nie. Ek maak ook die oond deur oop sodat die hitte kan ontsnap en die boonste element aangaan.

Nou moet jy staan en kyk ... jy wil die bacon cripy kry maar nie verbrand nie.

As dit mooi gebak is haal die pan uit die oond en dreineer die vet uit in jou braaipan in.




Maak die bacon matjies versigtig los van die bakplaat af en plaas hulle op kombuispapier om die vet mooi uit te trek.

Kry braaipan met die bacon vet in nou medium warm. Vat twee snye brood en sny die korsies af ... jy hoef nie maar onthou ons wil grênd wees. Sodra die vet warm is, sit die brood in die pan en wag so 30 sekondes en draai dan om ... jy moet seker maak albei kante kry genoeg vet in. Moenie nou haastig raak nie, jy wil die broodjies mooi goudbruin bak in die pan. As dit reg is, haal uit en sit ook op handoekpapier.



Vat nou 'n klein pannetjie en gooi die tamatiepitte daarin, so halwe teelepel tamatiesous, blertsie balsamiese asy, bietjie chili vlokkies en so 4 druppels Tobasco. Sit nou die plaat aan. Jy moet die ding nou regtig mooi dophou want jy het omtrent so een en half eetlepel mengsel hier. Sodra die tamatie sop begin borrel, roer alles mooi deurmekaar en laat dit goed borrel. Haal af van die hitte af enskep dadelik in a klein houertjie uit. Moenie die sousie in die pan los nie, die hitte gaan die sous in a pasta laat verander binne 'n oogwenk.




Volgende breek 2 eiers in a koppie, gooi so eetlepel room in en klits goed. Jy gaan nou a klein dik ommelet maak. Gebruik weer a klein pannetjie. Moet groot genoeg wees om die broodjie te kan vat want ons gaan 'n vierkant uit die ommelet sny wat op die broodjie pas.

Pasop dat die ommelet pan nie te warm is nie en gooi so teelepel botter in die pan voor jy die eiermengsel ingooi. Gee tyd om goed te stol. Ek het so paar stukkies tamatie en snippers parmesaan kaas in die mengsel in gesit terwyl die onderkant bak. As hy mooi geset het, flip hom en gee hom so 30 sekondes op die kant. Gly die gaar ommelet uit op 'n bord.




Nou begin die finale voorbereiding. Gebruik die roosterbrood en sny die bacon matjie die regte grootte. Sny ook die vierkant uit die ommelet uit.


Volgende vat jy die bacon wat jy afgesny het en snipper dit fyn. Ek het sommer 'n kombuisskêr gebruik. Snipper die ommelet afval stukke ook fyn. Gooi die bacon en eier snippers saammet die tamatie blokkies. Kap die basil, pietersielie en coriander fyn en gooi by. Nou 'n lekker skep mayonnaise en meng goed. Sout en peper en proe of dit reg is.



Nou gaan ons die broodjie bou. Smeer roomkaas op die broodjie en moenie snoep wees nie. Volgende die eier vierkant en dan die bacon. Nou kan jy die gerasperde kaas opsit. Moenie skaam wees nie, jy will dit lekker dik opsit. Laaste lê ek so paar strokies parmesaan bo-op ... ek kerf die strokies af met my veggie peeler.

Nou moet jy bietjie spoed opdraai ... tot hier was spoed nie belangrik nie en jy kon alles doen teen 'n pas wat jou gemaklik laat voel. Maar nou is dit belangrik dat jy die dis afrond in die oond en dadelik opdien. Ek het my borde klaar voorberei en die eier/tamatie/bacon mengsel opgedien. Garnering gedoen en so paar skyfies groen vy klaar in plek gesit. Net spasie oopgelaat vir die broodjie.





Weereens die boonste element aan op 200 C. Sit die broodjie op 'n oondplaat en onder die grill in ... ek los my oondrak in die middel want jy wil hê die hele dis moet so bietjie opwarm terwyl die kaas smelt. Moenie nou ander dinge aanvang nie, hou jou oë op daai broodjie in die oond. Sodra die kaas mooi gesmelt is moet hy uit en op die bord.

Sit nou so paar spatsel van daai tamatiepit sousie op die broodjie. Myne het gebyt so wees maar versigtig.


Kyk mooi na die goed wat ek gebruik het. Hier is nie teveel komponente ingesit om die smaak te vertroebel nie en jy moet die heeltyd seker maak jy oorweldig niks nie. Op die einde wil jy al die verskillende goed kan onderskei as jy kou. Die groen vy gee varsheid aan 'n mondvol wat amper te souterig kan smaak. Wees versigtig as jy die ommelet sout en peper gee want die bacon en kaas is reeds sout.

Moenie hierdie ete onderskat nie ... hy het muscle ... daar is ten minste ses strokies bacon en twee eiers op die bord met een snytjie brood. Dis Man Kos hierdie ... honger Man Kos met so bietjie styl.

Dis vir my lekker gewees om die dis te maak en nog lekkerder om hom te eet. My vrou kon net die helfte van hare hanteer.

Hierdie dis was gemaak op versoek van die Rainbow Gospel Radio groep.

Lekker kook tot ek weer 'n storie skryf.

Hier is my Facebook bladsy ... Man Kos ... Like hom stukkend as jy wil.



Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Thank you for your comment. The comments on this blog are moderated and yours should appear soon.

Greetings
Colyn.