Dinsdag 30 Januarie 2018

Hoender - Wimpie se Porra Flattie

Hoender op die vuur is maar altyd 'n risiko want of jy verkool die ding, of daar is rou stukke. Almal is dit egter eens ... daardie stukkies gebrande hoendervel is baie lekker. Die verskyning van Nandos het ons gedagtegang rondom hoender verander in die laat 90's en diepvet gebraaide kuikens het van baie mense se spyskaarte afgeval. Hierdie vlamgebraaide hoendertjies het oornag in 'n malligheid verander en skielik was gebraaide hoender weer in.

El Madre se Porra hoender
Maar spoedig het braaiers agtergekom dat om 'n hoender te braai is nie so maklik as wat dit lyk nie en dit vat tyd,, baie tyd want rou hoender is gladnie goed nie, kan selfs lewensgevaarlik wees. Menige Masterchef deelnemers het al uitgevind dat "uncooked chicken" is 'n versekerde trekpas.

Natuurlik gaan die meeste Weekend Warrior braaiers nou weer frons maar dis 'n feit dat gasbraaiers die beste opsie is vir hoender braai ... hoofsaaklik omdat jy die temperatuur baie goed kan beheer en handhaaf.

Na baie eksperimente het ek tot die slotsom gekom dat dit die beste is om hoender deur twee fases gaar te maak vir braai hoender. Eerstens sit ek die hoender in my mikrogolf stomer en stoom dit vir 12 minute. Ek gooi gewoonlik speserye op vir die stoomproses of stoom die stukke net so in die plastiek sak waarin dit kom van die vleismark af. As jy stoom in die plastieksak moet jy so paar gaatjies in steek sodat die sak nie bars nie.

Nou terug by Wimpie se Porra hoender.

Die oggend stap ek by El Madre Slaghuis in Nelspruit in en Wimpie roep my ...

"Oom, wil jy nie die Porra Hoendertjie vir 'n testdrive vat nie ?"

In die rooster
Ek staan en kyk na die pakkie en die groot stukke chilli vang my oog. My ondervinding van regte Portugese Braaihoender is dat dit 'n lekker byt het en ek vat die pakkie wat hy na my uithou.

"Ok Wimpie ek sal hom oor die braaier gaan jaag en jou laat weet."

Saterdagmiddag haal ek die pakkie uit die yskas ... hy het nou 3 dae daar gelĂȘ en ek is seker die marinade het sy werk nou ordentlik gedoen. Ek sit die pakkie net so heel in my stomer en steek twee gaatjies in die plastiek sak. 12 minute in die mikrogolf oond in. Hierdie deel van die proses is vir my die heel belangrikste, want nou weet ek dat ek gladnie hoef bekommerd wees oor die "gaar" van die hoender nie. Al wat die vuur nou moet doen is om die ding smaak en karakter te gee.

Kant en klaar ... Heerlik
Ek sit die hoender in 'n toeknip rooster en plaas hom op my braaier met so middelmatige hitte. Ek plaas hom met bene/binnekant onder eerste baai die bokant met die marinade. Ek sprinkel ook sommer 'n lekker dik laag van Robertsons se Chicken spice oor.

Ek braai die "onderkant" vir so 10 minute en draai die rooster om. Die onderkant toon goeie skroeimerke en ek kan sien die bokant hits die vlammetjies bietjie aan soos van die vel vetjies nou op die warm rooster beland. Vir die volgende 10 minute skuif ek die rooster rond om seker te maak die vlammetjies verwoes nie die hoender so kol kol nie.

Twintig minute later is die hoender se kleur reg vir my en ek haal hom van die vuur af.

Wel, die hoender was heerlik sag en sappig en die roosterkolle gee goeie smaak. Ek hou van die Porra marinade en sal vir seker die hoender weer braai.

Ferreira street 106
Nelspruit, Mpumalanga
Call 013 744 1238

Kook lekker tot ek weer 'n storie skryf.

Hier is my Facebook Bladsy ... Man Kos ... like hom as jy wil.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Thank you for your comment. The comments on this blog are moderated and yours should appear soon.

Greetings
Colyn.